Fransman wil dood op Facebook uitsaai

Deel hierdie storie / Share this story

Facebook wil nie hê die Fransman, Alain Cocq (57), moet sy dood regstreeks op die platform uitsaai nie.

Cocq ly aan ’n ongeneeslike degeneratiewe siekte wat veroorsaak dat sy are aanmekaar plak. Hy het glo ‘n versoek om genadedood tot die Franse regering gerig, maar dis van die hand gewys.

Cocq wou deur die regstreekse uitsending van sy dood mense bewus maak van die reg op genadedood vir mense wat aan ongeneeslike siektes ly. Facebook keer hom om die platform daarvoor te gebruik.

Volg Find-it hier.