Djokovic met R4.1 miljoen beboet

Deel hierdie storie / Share this story

Novak Djokovic (33) se deelname aan die Amerikaanse Ope het tot ’n einde gekom toe hy beboet en gediskwalifiseer is omdat sy bal ’n lynregter op die keel getref het.

Djokovic het die bal uit frustrasie geslaan nadat Spanje se Pablo Carreno 6-5 in die eerste stel voorgeloop het. Hy het dadelik die lynregter om verskoning gevra, maar dit is ’n reël wat hy oortree het.

Djocovic te diskwalifiseer

Die toernooiskeidsregter, beamptes en die wedstrydskeidsregter het na ’n lang gesprek besluit om Djocovic te diskwalifiseer. Hy was nie terevede met die besluit nie en het sy kant van die saak probeer stel.

Hy is met $250 000 (R4 183 305.00) beboet.

Volg Find-it hier.