Airlink stel nóg roetes in

Deel hierdie storie / Share this story

Na die Covid-19-reisbeperkings in vlak twee van inperking gelig is, het Airlink weer ses roetes ingestel. Die Kaapstad / George en die Kaapstad / PE roetes sal ook nou meer gevlieg kan word.

Die bykomende roetes bied sakereisigers en vakansiegangers meer bestemmings, vliegkeuses en reisgeleenthede.

Airlink is steeds daartoe verbind om die beste moontlike diens te lewer.

Behalwe die nuwe vlugte en roetes wat ingestel is, gee Airlink jou die geleentheid om vanaf Kimberley, Upington of Bloemfontein te vlieg.

Johannesburg / Pietermaritzburg
‘n Vroegoggend en laataand-diens bied reisigers die geleentheid om op dieselfde dag weer na hul bestemming terug te vlieg, behalwe op Saterdae.

Johannesburg / Mthatha
Middagvlugte sal vanaf 7 September van en na dié bestemmings beskikbaar wees, behalwe op Saterdae.

Johannesburg / Hoedspruit
‘n Laatoggendvlug sal vanaf 7 September na en van dié bestemmings beskikbaar wees op Maandae, Donderdae, Vrydae en Sondae.

Johannesburg / Skukuza
Middagvlugte sal na en van dié bestemmings beskikbaar wees. Skukuza-lughawe sal ook toeganklik wees.

Kaapstad / Upington
Laatoggendvlugte sal vanaf 7 September op Maandae en Vrydae beskikbaar wees.

Kaapstad / Nelspruit
Laatoggendvlugte sal vanaf 17 September na en van dié bestemmings beskikbaar wees op Donderdae en Sondae.