Derde verdagte gevind vir die moord op Christiana-winkeleienaars

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Derde verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op die Christiana-egpaar Diniz Fernandus Da Silva (74) en sy vrou, Maria Goretta Da Silva (71).

Brig Sebata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, bevestig Quinton Britz (36) en Brian Pito (37) wat op 4 September 2020 in die landdroshof op Bloemhof verskyn, sal in hegtenis bly tot Dinsdag 8 September 2020. Die twee verdagtes sal saam met die derde verdagte (29) op dié datum verskyn. Laasgenoemde is op Donderdag 3 September 2020 in Roodepoort, Gauteng, in hegtenis geneem.