Polisie trek vermeende rowers vas

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Die polisie op Upington het gister twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval waartydens ’n manlike slagoffer by die Upington-mall beroof is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ’n onbekende som geld by die slagoffer gevat. Die polisie kon die geld en van die waardevolle items wat by die slagoffer gevat is, terugkry toe hulle die twee verdagtes in hegtenis geneem het.

Die verdagtes verskyn binnekort in die Upington-landdroshof op aanklag van roof.