DANIELSKUIL – Patrick Hulley (60), wat op Maandag 31 Augustus as vermis aangemeld is, se liggaam is in ’n gastehuis in Danielskuil gevind.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom Hulley se dood is nog nie bekend nie. “Die ondersoek duur voort.”
Hulley se broer, Daryl Hulley, het in ’n Facebook-plasing bekend gemaak dat sy boer se liggaam gevind is.



