Eskom het aangekondig beurtkrag vanaf 15:00 vanaf fase 2 direk na fase 4 skuif. Die fase sal tot 22:00 duur.
Eskom het in ’n tweet gesê die rede hiervoor is “buitengewoon hoë vraag” na krag. Die beurtkrag sal voortduur ten spyte van die erge koue in van die provinsies. Eskom berig ’n maksimum van 10 opwekkingseenhede by sewe kragstasies het die afgelope paar dae gebreek.
Suid-Afrika was 12 dae sonder enige onderbrekings voordat Eskom gister beurtkrag aangekondig het.



