Die nasionale gesondheidsdepartement het vandag die Covid Alert-toep bekendgestel. Die toep gaan jou beweging kan monitor en jou Covid-19- status word daarop aangedui.
Indien jy die app op jou selfoon installeer, gee jy die app toestemming om jou ligging te monitor. Anonieme kodes word tussen gebruikers via bluetooth van die app gestuur. Die app kan mense met wie jy in kontak was die afgelope twee weke in kennis stel indien jy op die app aandui jy het positief getoets. Dieselfde geld as jy in kontak was met iemand was positief toets en julle selfone unieke kodes uitruil.
Jy kan self op die toep aandui indien jy positief is of die departement van gesondheid kan dit namens jou doen. Die kode wat die departement aan jou gee as jy getoets word, moet op die app ingevoeg word.
Net die departement gaan toegang tot die inligting hê en geen identifiseerbare besonderhede sal gevra word nie.



