Man se lyk met steekwonde in die wingerd gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KAKAMAS – Die polisie op Kakamas ondersoek tans ’n saak van moord na ’n verbyganger Maandag op ’n man se lyk in die wingerd op Kakamas afgekom het.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het spoedig op die oproep reageer. Die man het verskeie steekwonde aan sy bolyf gehad.

Gamieldien sê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en die polisie volg elke leidraad op om uiteindelik die skuldiges in hegtenis te neem.

Indien jy enige inligting in verband met die moord het, skakel vir kapt. Van Kradenberg by 076 021 5056.