Wêreldrekord vir oudste getroude paar

Deel hierdie storie / Share this story

Nege en sewentig jaar gelede het Julio Mora en Waldramina Quinteros in die geheim teen hulle familie se wens getrou. Hulle verbode liefde maak dat hulle nou die oudste getroude paartjie in die wêreld is. Julio is 110 en Waldramina is 104 jaar oud. Hulle is in die Guinness Book of World Records aangeteken as die oudste getroude paar in die wêreld. Hulle het vyf dogters, 13 kleinkinders en 25 agterkleinkinders.