Meisie (3) oorleef vlieërongeluk

TAIWAN – ‘n Meisie (3) is tydens ’n vlieërfees deur ’n rukwind in die lug geslinger nadat sy in die stert van ’n vlieër verstrengel geraak het.

Vasgevang en opgelig

Die ongeïdentifiseerde meisie het Sondag ‘n vlieërfees in die kusdorp Nanlioao bygewoon. Sy is deur ‘n reusevlieër met ‘n lang stert vasgevang en opgelig.

Op ‘n video van die toneel kan gesien word hoe sy ‘n paar keer in die rondte draai en ’n groep mense op die grond sukkel om haar af te trek.  

Sy het net geringe snywonde aan haar gesig en nek opgedoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *