Verskeie Kimberliete is baie ongelukkig oor waterlekkasies regoor die stad. In Blackstraat is daar ’n pyp wat byna twee weke gelede gebars het, maar steeds nie reggemaak is nie.
Ockie Fourie, DA-raadslid, sê daar is ’n baie lang lys van probleme in wyk 25 alleen wat hyself by die Sol Plaatje-munisipaliteit aangemeld het. Sommige van die probleme is sedert 2017 steeds nie reggemaak nie.
“Die stormwaterinlaat op die hoek van Main- en Old Free Statestraat is oorspoel met sand en rommel.
Die stormwatersloot vanaf Sentraalweg, Nelsonstraat en deurvloei onder Devenish, Bartleplek, Frere, Brockman, Frederick, Broadway, Kearns, Hulley, Hercules, Austen en Kaapstadweg is oorgroei en vol gemors.
’n Gedeelte by Nelsonstraat en Devenishstraat is al skoongemaak, maar die sandhope en ander rommel is nie verwyder nie.
Stormwaterinlate by die volgende plekke is stukkend en geblokkeer: Poole- en Pullingerstrate, hoek van Ashe- en Graham Edenstrate, hoek van Poole- en Graham Eden strate, Broadway- en Cape Townstrate, Brockman- en Cape Townstrate, Brockman- en Cape Townstrate, Frere- en Cape Townstrate, Newton- en Cape Townstrate.
Stormwatersloot in Diamond Park is in totale verval en ’n rommelhoop.
Dan, wat die waterlekke aanbetref, is daar sedert 2017 een op die hoek van Dalhamweg en Haberfeldstraat. In Carringtonweg 37 en 48 en op die hoek van Poole en Carrington, in Sentraalweg 70 en 105 is daar ook waterlekkasies. Watermeters lek by Sentraalweg 68 en 87. Die voerlyn na die watermeter op die hoek van Watson en Carrington is stukkend. Daar is ’n waterlek in Synagoguestraat by 22A en 26. Daar is nog ’n stukkende watermeter by Frereplek 42. Daar is ook ’n stukkende watermeter op die hoek van Pullingerstraat en Broadway Place. Daar is ook stukkende stopkrane op die hoek van Newton- en Rectorystraat. Daar is ook ’n stukkende stopkraan op die hoek van Broadway Place en Studystraat en ook ’n stukkende watermeter by Broadway Place 59. Daar is ook ’n stukkende watermeter by Broadwaystraat 25. ’n Stopkraan op die hoek van Frederick Place en Brunton Place is foutief.
Wat rommel aanbetref, is Diamond Park een groot rommelhoop.
Die paaie in Beaconsfield en Klisseville is vol slaggate en bykans onrybaar.
Sanitasie is ’n groot uitdaging, veral in Diamond Park. Swak vakmanskap en ook beskadigde infrastruktuur speel ’n groot rol,” sê Fourie.



