Inry-konsert dié Saterdag in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

CANSA beplan vanjaar iets buitengewoons. Maak gereed vir drie ure se vermaak dié Saterdag in die gemak van jou motor!

Elmareth le Roux, CANSA se fondsontwikkelingskoördineerder, sê die Covid-19-pandemie en die inperking het CANSA se gewone fondsinsamelingsprojekte vanjaar bykans onmoontlik gemaak. Die staptogte en gholfdae wat elke jaar gehou word, kon nie vanjaar gehou word nie.

“Dit het ons gedwing om ‘n bietjie buite die boks te dink. Ons het besluit om ‘n inry-konsert te hou.”

By dié inry-konsert by Weltevreden Guest Lodge sal daar lekker tradisionele basaarkos soos worsrolletjies, slaptjips en pannekoek verkoop word. Daar sal ook iets beskikbaar wees om die dors te les. Kaartjies kos R100 per persoon of R250 per motor. Jy kan jou kaartjie aanlyn bespreek op http://www.kimberleyevents.co.za of by Elmareth by 082 802 9764.

Die kunstenaars wat gaan optree, is Thys Beukes, Eugene Prinsloo, Diana Fouche en Hannah Prinsloo.