Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 2 505 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 625 056 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 3 674 872 toetse vir die virus doen. Daar is 538 604 persone van die virus genees en 14 028 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



