Die 12-jarige Pricilla het op 20 Augustus vermis geraak by haar huis in Geluksoord.
Sy is op Jan-Kempdorp gewaar op 25 Augustus en sy het ’n swart trui, ’n groen broek en swart skoene aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar sy is of saam met wie sy kan wees, skakel asseblief vir a.o. Pitout by 082 920 9972.



