Polisie op soek na dubbelemoord-verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verbyganger het vanoggend om ongeveer 08:00 op die liggame van ‘n man en vrou in die veld op Pampierstad afgekom.

Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Die omstandighede rondom die moorde is nog onbekend.

Enigiemand met inligting in verband met die moorde, skakel vir lt.-kol. Myburgh by 082 494 4585.