Sanlam het besluit om ’n aanlyn portaal te skep waarop mense aan afgestorwe kollegas, familielede of vriende hulde kan bring.
Op Memory Collection kan mense foto’s, stories of herinneringe van die oorledenes deel. Selfs die mense wat nie die begrafnis kan bywoon nie, kan deel hê aan hierdie portaal.
Jabulile Smith, bemarkingshoof van Sanlam Ontluikende Markte, sê die inspirasie vir die portaal was om mense emosioneel by te staan.
Op die platform kan jy ander se stories lees en hoe die persoon mense se lewens beïnvloed het.
Volg Find-It hier.



