Inwoner moedeloos oor verbruikers vals beskuldig word

Deel hierdie storie / Share this story

’n Inwoner van Kimberley is baie ontsteld omdat die Sol-werkers vir byna twee dae nou al nie die waterlekkasies in sy omgewing kom regmaak nie. “Ons as inwoners kry die skuld vir water wat mors, maar dan stroom die water hier by die pad af.”

Die inwoner, wat uit vrees vir viktimisasie nie sy naam genoem wil hê nie, sê hy het gister gesien hoe die span werkers net een van die pype in Blackstraat regmaak. “Die voorman het na die ander lekkasie geloop en so na die sypaadjie geskop. Hy het toe net omgedraai.”

FiND iT het navraag gedoen by die munisipaliteit en wag nog vir terugvoer.