Die EFF, SA se derde grootste party, poog om die private eienaarskap van die Reserwebank te laat staak.
Die parlement het begin onderhandel oor ‘n wetsontwerp wat deur die EFF voorgestel is. Die wysiging van die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sal plaasvind ten einde om die bank te laat nasionaliseer.
Die vergadering verlaat
Floyd Shivambu, adjunk van die party, sê aan Times Live die wetsontwerp gaan slegs oor eienaarskap en nie oor die mandaat van die bank nie. Hy het gesê die debat oor die rol van die bank duur voort en sal later afgehandel word.
Times Live sê die vergadering het begin met die Nasionale Raad van Provinsies (NCOP), Willie Aucamp en Dennis Ryder, albei van die DA, wat die vergadering verlaat het nadat hulle in die begin van die vergadering besware teen die betrokkenheid van die NCOP aangeteken het.
Aan die minister voorgelê
Die wysigings wat deur die EFF in die wetsontwerp voorgestel is, gaan die staat die enigste aandeelhouer van die SARB maak en die minister van finansies magtiging gee om die raad te kies. Die finansiële jaarstate sal aan die minister voorgelê word en by die parlement ingedien word.
Volg Find-It hier.



