Twee vas oor R83 000 se dagga

Deel hierdie storie / Share this story

Twee manlike verdagtes is gister op Olifantshoek in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê polisielede het inligting opgevolg oor ‘n voertuig wat dagga van Kuruman na Kakamas vervoer.

“Die voertuig is op Olifantshoek gestop en deursoek en die polisie het dagga ter waarde van R83 000 in die verdagtes se besit gevind,” sê Ramatseba.

Die verdagtes van onderskeidelik 34 en 51 jaar oud verskyn binnekort in die landdroshof op Olifantshoek.