Kinders is “stille verspreiders”

Deel hierdie storie / Share this story

Twee hospitale in Massachusetts, Amerika, het bewys kinders is “stille verspreiders” van Covid-19. Die navorsing het bewys dat asimptomatiese (sonder simptome) kindergevalle ’n hoër viruslading in hul kele het as Covid-19 pasiënte in waakeenhede.

Sterk immuniteit

Hierdie bevindings is ‘n ernstige saak wat oorweeg moet word vir gesinne, veral in huise met meer as een generasies.

Navorsers stem saam met vorige studies wat daarop dui dat kinders meestal sterk immuniteit anders as volwassenes ontwikkel vir Covid-19. Dit moet oorweeg word dat asimptomatiese draers of draers met min simptome wat skool toe gaan, steeds die virus kan versprei of huis toe bring.

Volg Find-It hier.