GAUTENG – ’n Vrou is in hegtenis geneem omdat sy glo ’n onwettige gesondheidspraktyk bedryf het. Haar vennoot word nog deur die polisie gesoek.
Volgens brig. Mathapelo Peters het die Raad vir Gesondheidsberoepe ’n aantal klagtes van ’n onwettige praktyk ontvang. Daar is bevind dat die praktyk nie by die Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer is nie.
Geskeduleerde medikasie besit en versprei
Volgens SAHPRA (South African Health Products and Regulatory Authority) het die beskuldigde wette oortree omdat sy as dokter gepraktiseer het. Sy het ook geskeduleerde medikasie besit en versprei.
Volg Find-It hier.



