SALDANHA – ’n Liefdadigheidsrit het die lewe van drie motorfietsryers en twee insittendes van ’n bakkie in ’n ongeluk buite Saldanha geëis.
Jannie van Zyl, Micheal Hoppzak en Melissa Lotter was deel van ’n groep motorfietsryers wat aan ’n liefdadigheidsrit vir die dierevsorgvereniging deelgeneem het.
Op die toneel verkool
Hopzak en Lotter is op die toneel oorlede. Van Zyl is ’n uur nadat hy in die provinsiale hospitaal op Vredenburg opgeneem is, oorlede
Andrew en Janet Wood het in hul bakkie op die toneel verkool.
Volg Find-It hier.



