Serfontein-saak weer uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Petrus Serfontein (58) en sy seun, Adam Serfontein (25) het vandag weer in die landdroshof in Kimberley verskyn.

Petrus is die eienaar van Hancor-boerdery in Kimberley. Dié pa en seun word aangekla van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen.

Die insident het op 9 Mei 2020 om ongeveer 13:00 plaasgevind en hulle is op 17 Mei in hegtenis geneem. Beide is borg toegestaan en hulle het vandag weer in die hof verskyn.

Die saak is op 18 Junie uitgestel omdat verdere ondersoek en die ballistiese verslag nog nie gefinaliseer was nie. Die bogenoemde is steeds nie gefinaliseer nie en die saak is tot 5 Oktober uitgestel.

Enigiemand met inligting kan vir sers. Priscilla Moiketsi by 082 495 4646 skakel.