Die Kimberley-polisie het Vrydag 21 Augustus Operation Basadi as deel van Vrouemaand-vieringe gehou.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê vroulike polisielede het ook ‘n stop-en-deursoek-punt in Cecil Sussman- en Barklystraat gehou.
Verkeersboetes is ook aan motoriste wat sonder lisensies bestuur het, uitgereik.



