Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het oornag met 2 728 gestyg. Daar is nou in totaal 609 773 positiewe gevalle. Daar is ook 506 470 persone van die virus genees.

Die sterftesyfer staan op 13 059 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 553 425 toetse doen.