Dit is dag 151 van die nasionale inperking en kinders keer vandag terug skool toe. Die graad R, 1, 2, 3, 4, 6, 9, 10 en 11 het vandag weer hulle skoolklere aangetrek.
‘n Woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Elijah Mhlanga, sê hulle is verheug leerlinge kan vandag teruggaan skool toe. Die department sê hulle verstaan sommige leerlinge gaan vandag vir die eerste keer vanaf Maart terug skool toe en kan ongemaklik en bang voel. Leerlinge sal wel vinnig gewoond raak aan maskers, om hulle hande te sanitiseer en sosiale distansiëring te handhaaf.
Mhlanga sê die veiligheidsmaatreëls wat die skole sedert Junie ingestel het, sal vandag getoets word.
Volg Find-It hier.



