Kêrel steek glo huis aan brand

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA – ’n Ma (25) wat haar dogter (6) tydens ’n brand in Kwaggafontein beskerm het, is oorlede nadat haar kêrel na bewering hulle huis aan die brand gesteek het.

Brigadier Leonard Hlthati, polisiewoordvoerder, sê ‘n argument het glo tussen die oorledene en haar kêrel, ook die pa van die kind, uitgebreek waarna hy vermoedelik die huis aan die brand gesteek het.

Verdagte wou die terrein vlug

Hlthati sê die verdagte wou van die terrein vlug, maar die polisie het hom gevang en in hegtenis geneem.

Hlathi het aan Algoa FM gesê aanvanklike berigte dui daarop dat hy saam met die slagoffer wou omkom, maar toe hy die vuur sien, het hy bang geword en aan die vensters begin klap en om hulp gesmeek.

Volg Find-It hier.