Student blaas R800 000 van NSFAS-geld

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP – ’n Lasbrief vir Sibongile Manie, student aan die Walter Sisulu-universieit (WSU) se inhegtenisneming is uitgereik. Manie het in 2017 verkeerdelik R14 miljoen in plaas van R1 400 van NSFAS ontvang. Die fout is nie deur Manie aangemeld nie. Manie het reeds R800 000 van die geld spandeer toe sy gevra is om die geld terug te betaal.

Van diefstal aangekla

Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die vervolgingsgesag, sê die lasbrief is uigereik omdat Manie Vrydag sonder enige verskoning in die streekhof, Oos-London, afwesig was.

Sy is op 28 Mei 2018 van diefstal aangekla en dieselfde dag met ’n waarskuwing vrygelaat.

Lasbrief staan oor

Die lasbrief staan tot 25 Augustus 2020 oor. Indien sy dié keer weer sonder verskoning wegbly, sal die lasbrief uitgevoer word.

Volg Find-It hier.