Ongelukke kos ekonomie jaarliks R18,2 miljard

Deel hierdie storie / Share this story

Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) sê ongelukke as gevolg van dronkbestuur kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks R18,2 miljard. Dit is nadat vyf mense Dinsdagaand in ‘n kop-aan- kopbotsing in Benoni gesterf het. Die bestuurders van albei voertuie was vermoedelik onder die invloed van alkohol.

Dronkbestuur

Navorsing deur die RTMC, die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing en die Universiteit van Suid-Afrika het getoon dat 27,1% ongelukke in die land met dronkbestuur verband hou.

Die RTMC sê bewyse toon 55% van die ongelukke vind snags plaas, ongeveer drie uit vyf gebeur oor naweke en 70% tydens nie-vakansietye.

Volg Find-It hier.