KIMBERLEY – ’n Gedenkdiens word Vrydag 11:00 by die NG Kerk Kimberley-Harmonie vir Conrad Prinsloo (32) gehou. Dit is n privaat seremonie en nie oop vir die publiek nie.
Prinsloo is op 17 Augustus 2020 met ’n skietwond in sy bors in sy ouerhuis in Monument Hoogte gevind. Prinsloo, ’n oud-leerling van Hoërskool Diamantveld, word oorleef deur twee jong kindertjies, sy vrou, Karyn Prinsloo, en sy ouers.



