POLOKWANE – ’n Munisipale werker het verskeie kere met ’n munisipale vragmotor oor Rassie Smit, ’n senior ondersoekbeampte van die Polokwane-munisipaliteit, (49) gery. Smit was vir tien dae in die Netcare Pholoso-hospitaal voordat hy aan sy beserings beswyk het.
‘berserk’ geraak
Motlafela Mojapela, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê Walter Madubanya (36), munisipale werker, het die vragmotor bestuur. Hy het op dié dag glo “berserk” geraak.
Madubanya het homself in ’n munisipale vragmotor toegesluit, ’n wapen rondgeswaai en mense rondom hom gewaarsku om weg te bly. Dis toe dat Smit na die terrein ontbied is om Madubanya onder beheer te kry. Terwyl Smit gesukkel het om hom te stop, het hy gestruikel en op die grond geval. Die bestuurder van die vragmotor het oor hom gery, agteruit gestoot en weer oor hom gery. Tydens die insident is ander voertuie ook beskadig. Madubanya het daarna in ‘n baksteenmuur vasgekry en beserings opgedoen.
Klag van moord
Madubanya het reeds op 11 Augustus in die hof verskyn en word nou deur ‘n klag van moord in die gesig gestaar.
Dit is onbekend wat tot Madubanya se aksies gelei het.
Vlog Find-It hier.



