Vier gevonnis vir die moord op 73-jarige man

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vier mans is op 27 Julie vir die moord op die 73-jarige John Phindile Oliphant skuldig bevind.

Godfrey Makaleni (28), Sipho Buthelezi (21), Nkosinathi Mpungose (21) and Deon van Staden (27) het Oliphant in September 2016 vermoor. Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die ontbinde lyk van Oliphant is deur ‘n verbyganger in die veld in Galeshewe gevind.

Na die verbyganger die polisie in kennis gestel het en die polisie op die toneel opgedaag het, het hulle Oliphant se lyk vasgebind gevind.

Drie ander mans wat ook in verband met die moord in hegtenis geneem is, is deur die hof onskuldig bevind, omdat hulle nie aan die misdaad verbind kon word nie.

Godfrey Makaleni is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis, Sipho Buthelezi tot 12 jaar en Nkosinathi Mpungose en Deon van Staden is elk tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.