Nuwe hulpafrigting vir die Griekwaland Wes Tafel Lager rugbyspan

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley – DIE Griekwaland Wes Tafel Lager rugbyspan se nuwe hulpafrigter, Albert van den Bergh, is verheug dat hy sy buiging op senior vlak as afrigter in Suid Afrika by sy geliefde Poubloues begin.
Die voormalige het drie jaar ervaring op senior vlak in Japan opgedoen. “Daar is dit egter ‘n ander ervaring want jy maak gebruik van ‘n tolk” sê Van den Bergh.

Springbok-kleure

Hy het sy Springbok-kleure in 1999 as Griekwa-speler verwerf. Die voormalige slot het sy provinsiale loopbaan in 1993 by Vaaldriekhoek begin.

Vanaf 1997 tot 1999 het hy in 55 wedstryd vir Griekwas en sewe keer vir die Cats-streekspan gespeel.

Griekwas

In 2000 het hy Griekwas verlaat en by die Kwazulu Sharks aangeluit. Hy het tot 2009 in altesaam 172 wedstryde die Natallers verteenwoordig.
In 2010 het Van den Bergh sy loopbaan by die Canon Eagles in Japan hervat en in 2013 uitgetree.

Die volgende jaar het hy as afrigter by die Sharks Akademie begin en was by die junior spanne betrokke.

Na twee jaar is hy terug na Japan en het as hulpafrigter by die Canon Eagles op senior vlak ervaring opgedoen.

Van den Bergh

Verlede jaar is Van den Bergh deur Griekwas as hulpafrigter aangestel en hy kan nie wag dat die seisoen afskop nie.

Griekwas en Kimberley se getroue skare is een van Van den Bergh se soet herinneringe uit sy speeldae.

Volg Find-It hier.