August 4, 2021

LUISTER: Oomblikke toe Xander Bylsma bieg

Foto: Briefly

’n Bandopname tussen die privaatspeurder Chris Saunders en Xander Bylsma (21) is in Maart 2019 te midde van die Stella-moordverhoor in die hooggeregshof in Mmabatho gespeel.

Bylsma is Vrydag 7 Augustus tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde op sy destydse meisie Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16).

Bylsma het op 26 Mei 2018 vir Marna in die badkamer verwurg en Sharnelle is aan die trapreling van die Stella-koshuis opgehang gevind. Dit het later aan die lig gekom dat Bylsma dit soos selfmoord wou laat lyk.

Saunders is na die toneel waar die twee dogters in die koshuis gevind is, ontbied. Kort na sy besoek aan die toneel, het hy na Xander se pa, Monté, se plaas gery. Daar het hy vir Xander, in ’n toestand en besig om op te gooi, gevind.

Klik op die skakel om na die opname te luister.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *