Een van SAL Truckers se drywers het in die loop van die naweek in KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk betrokke geraak.
Filmmateriaal van die ongeluk, wat deur die paneelbord-kameras geneem is, het aan die lig gekom.
“Die agterste vragmotor het aanhoudend sy ligte geflits sodat hy kon verbygaan. Sy ongeduldigheid is wat die ongeluk veroorsaak het,” lui SALTruckers se inskrywing op Twitter.



