Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gisteraand deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 2 541 gestyg. Daar is nou in totaal 589 886 positiewe gevalle. Daar is ook 447 671 persone van die virus genees.
Die sterftesyfer staan op 11 982 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 415 670 toetse doen.



