’n Meisie (13) vermoedelik verwurg, vasgebinde lyk gekry

Deel hierdie storie / Share this story

BULTFONTEIN. – ‘n Meisie (13) se vasgebinde lyk is hier naby die Phahameng-woonbuurt gevind.

Verwurg

Haar hande en voete was met ’n draad vasgemaak. Sy is vermoedelik met dieselfde draad verwurg. Só sê Mitantsi Makhele, povinsiale polisiewoordvoerder. Makhele sê die polisie ondersoek ook die moontlikheid van verkragting.

Nadoodse

Makhele sê die meisie het verlede Woensdag haar ouerhuis verlaat om vir haar ouma te gaan kuier.

Sy is die volgende dag, omstreeks 10:00, naby die R708 dood gevind. ‘n Nadoodse ondersoek sal volg om die oorsaak van haar dood te bevestig.