Man in hegtenis oor intimidasie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (28) is Sondag op Kuruman in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man het glo saam met vriende die Kuruman-mall besoek en ‘n brief aan die assistentbestuurder oorhanding. Dié brief het dreigemente bevat wat sê die besighede behoort toe te maak om met die myne se hoof uitvoerende beamptes te vergader.

Volgens Ramatseba het die brief verder gelui dat daar protesaksie sal volg, indien die besighede nie toemaak nie.

Die polisie is na ander verdagtes ook op soek.

Die verdagte verskyn Dinsdag in die landdroshof op Kuruman op aanklag van intimidasie.

Die ondersoek duur voort.