Eskom het op kort kennisgewing fase twee-beurtkrag aangekondig. Die fase sal Dinsdag om 16:00 begin en tot 22:00 duur. Dit sal Woensdag weer om 09:00 begin tot 22:00.
Opwekkingsvermoë
Met die skielike daling in temperatuur probeer mense warm bly en maak gebruik van meer elektriese toestelle. Dit het die gevolg dat huishoudings meer elektrisiteit verbruik. Daar is altesaam 16 260 MW se opwekkingsvermoë van die network af waarvan 11 900 MW weens eenhede wat gebreek het, is. Eskom het aan EWN gesê die netwerk verkeer onder baie druk en die kragtoevoer bly beperk.
Volg Find-It hier.



