Lyke van vroue is by suikerplantasie gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die minister van polisie, Bheki Cele, sê aan SABC-nuus ses lyke van vroue is by ’n suikerplantasie in Mthwalume in Kwazulu-Natal gevind. Meer as 15 polisiebeamptes is ontplooi. ’n Mobiele polisiestasie is Vrydag in die area opgerig.

Reeksmoordenaar

Cele het bevestig twee mans is vir ondervraging gearresteer. Die verdages sal Maandag in die hof verskyn. Die moontlikheid dat die die werk van ’n reeksmoordenaar is, word ondersoek.

Volg Find-It hier.