Hoeveel van ons was al amper ’n aanlyn slagoffer? Die hoofdoel van aanlyn slenters is om mense om die bos te lei sodat hulle peroonlike inligting bekendmaak. Indien jy ‘n e-pos of oproep kry wat agterdogtig lyk of klink, moet jy eers navraag doen by die betrokke maatskappy. Banke adviseer mense om nie persoonlike inligting oor die telefoon te gee nie.
Wenke
Hier volg ‘n paar wenke waarmee jy jouself kan beskerm:
- Slim wagwoorde – Moenie dieselfde wagwoord vir al jou webtuistes gebruik nie.
- Moenie alle e-posse vertrou nie – Die enigste manier hoe jou persoonlike inligting uit kan lek, is wanneer jy dit bekendmaak. Swendelaars kopieer logo’s en e-posadresse word nagemaak.
- Telefoonbedrog – Dink twee keer voor jy inligting oor die telefoon bekendmaak. Baie keer ontvang jy ‘n oproep en daar word aan jou gesê jy moet net jou persoonlike inligting bevestig. Moet onder geen omstandighde vir hierdie val nie. Moenie eers jou ID-nommer bekendmaak nie.
- Pop-ups wat verskyn – Moenie onbekende webtuiste besoek nie. Indien jy programme of sagteware moet opdateer, doen so vanaf ‘n betroubare webtuiste.
- Waarsku ander – Indien jy amper die slagoffer van so ’n slenter was, moet jy jou vriende waarsku. Vertel hulle waarvoor hulle op die uitkyk moet wees.
Rapporteer
Beskerm jouself teen bedrog en rapporteer aan jou bank indien jy agterdogtig voel.
Volg Find-It hier.



