Beskuldige sê hy is siek en kan niks onthou nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die beskuldige, Deng Mabiour (54), wat in hegtenis geneem is na die moord op dr. Walter Reynolds, sê hy kan niks van die aanval onthou nie.

Aanklagtes

Mabiour het aan die regter gesê hy die voorval sal onthou sodra hy weer ‘gesond’ is. Hy beweer hy is siek en het ‘n dokter nodig. Die beskuldigde was nie fisies in die hof nie, maar het per telefoon gesprek gekommunikeer terwyl hy in isolasie in sy sel was. Die verklaring is deur ‘n gelag deur Mabiour gevolg. Hy beweer dat hy nie die aanklagtes teen hom verstaan nie.

Aanval

RCMP (Royal Canadian Mounted Police) het aan verskeie nuusblaaie gesê dat die aanval nie ewekansige aanval was nie. Walter en Mabiour het mekaar deur wyse van die kliniek geken.

Die oud-Suid-Afrikaner is in Kanada in ‘n instapkliniek vermoor. (Lees die volledige berig hier.)

’n Gedenkdiens word vandag vir die dokter gehou.

Volg Find It hier.