Altesaam 118 pasgebore babas verlate by hospitale gelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is meisies tussen die ouderdom van 11 en 19 jaar oud verantwoordelik vir 11% van geboortes wêreldwyd. Dus is dit 16 miljoen tieners tussen die ouderdom van 15 en 19 jaar oud en 1 miljoen onder 15 jaar oud. Van hierdie 11% is die meederheid, bykans 95%, uit minderbevoorregte huise.

Meeste babas word by openbare hospitale afgelaai omrede tienerma’s bang is vir hulle ouers of weens onbeplande en onverwagse swangerskappe. Gebrek aan finansiële en emosionele ondersteuning kan ook ’n groot rol by verlate babas speel.

118 pasgebore babas

Die Departement van Gesondheid in Gauteng het in ’n verklaring aan netwerk24 gesê dat hy bekommerd is oor die aantal pasgebore babas wat afgelaai word by die gesondheidsektore. Altesaam 118 pasgebore babas is al dié jaar by hospitale in Gauteng afgelaai.

Bewusmakingsprogramme

Maatskaplike werkers moet dus fokus op bewusmakingsprogramme wat tieners opvoed oor die opsies wat hulle kan oorweeg indien hulle onbeplan sanger raak. Programme oor bewusmaking sal tieners inlig oor swangerskap en ook hoe om om te sien na hulself en ongebore babas. Met dié soort opvoeding sal tieners weet watter kanale om te volg en nie babas verlaat as hulle paniekerig voel nie.

Volg Find It hier.