HARTSWATER – Die polisie hier ondersoek die verdrinking van ’n meisie (10) nadat sy glo in die kanaal geval het.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die meisie en haar broer het op 5 Augustus 2020 hout in die veld bymekaar gaan maak. “Hulle het gaan vuurhout optel toe sy in die kanaal geval het. Die liggaam van Botlale Maakgwe is die volgende dag deur die polisie-duikspan gevind.



