Sol Plaatje-munisipaliteit het gister onwettige advertensieborde op die sypaadjies in Kimberley verwyder.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol-munisipaliteit, sê die borde is gekonfiskeer en word vir eers by hulle plaaslike ekonomiese ontwikkelingskantore (LED) bewaar.
“Daar is ‘n fooi betaalbaar vir persone wat die advertensieborde wil opsit, maar diegene wat dié borde opgesit het, het nie die korrekte prosedure gevolg nie.”
Riet sê die munisipaliteit was toegeeflik weens die Covid-19-pandemie, maar baie inwoners het gekla dat hulle sypaadjies soos snoepwinkels lyk.
“Diegene wie se advertensieborde gekonfiskeer is, kan dit by die LED-kantore kom haal. Dié kantore is Dinsdag van 07:45 tot 16:30 oop,” sê Riet.













