Covid-19 in SA: Meer as 10 000 sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 7 712 gevalle meer geword. Daar is ook nou meer as 10 000 sterftes weens die virus bevestig.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister die nuutste syfers op Twitter bekendgemaak.

Daar is nou ‘n totaal van 553 188 positiewe gevalle en 404 568 persone is van die virus genees.

Daar is ook 3 220 265 toetse vir die virus gedoen.