Polisie opsoek na ses verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN – Die polisie het ‘n ernstige soektog na ses verdagtes wat gisteroggend om ongeveer 00:30 ‘n besigheid op Kuruman beroof het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het glo die sekuriteitswag by die poskantoor forseer om die deure oop te maak. Hulle het toe probeer om die kluis met ‘n slypmasjien oop te maak, maar die stroombreker het ‘n kortsluiting veroorsaak. Ná hulle mislukte poging om die kluis oop te maak, het die verdagtes die sekuriteitswag van sy selfoon beroof.

Enigiemand met inligting oor die ses rowers word gevra om die polisie by 086 00 10 111, die naaste polisiestasie of deur die My SAPS App te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.