Lewenslank vir die verkragting van ‘n 4-jarige

Deel hierdie storie / Share this story

Die 50-jarige Keoagile Mokone is gister in die Mothibistad-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 4-jarige meisie.

Die slagoffer het saam met vriende van dieselfde ouderdom gespeel toe sy, as kind, vir Mokone vir geld gevra het.

Mokone het hulle nader geroep en na sy suster se huis genooi, waar hy die slagoffer voor haar maatjie verkrag het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Mokone het toe vir hulle geld gegee om vir hom sigarette te gaan koop. Toe hulle terugkom, het hy vir hulle gesê om niemand te vertel wat gebeur het nie.

Toe die slagoffer egter by die huis kom, het sy haar ouma vertel wat gebeur het. Die polisie is in kennis gestel en Mokone is dadelik in hegtenis geneem.