Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met 7 292 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 545 576 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 9 909.
Intussen is 394 759 persone van die virus genees. 3 183 658 toetse is in totaal gedoen.



